DIE Nederduitsch Hervormde Kerk in AD Keetstraat, Jeffreysbaai hou vanaf 17 tot 22 Desember ’n onvergeetlike liggiesfees en aandmark.
Die doel van die fees? Om die ware boodskap van Kersfees uit te beeld deur middel van beelde, prente en duisende liggies – wat elke aand vanaf 18:00 tot 22:00 aangeskakel sal word.
Behalwe vir die liggiesfees, kan mark-entoesiaste uitsien na ’n groot verskeidenheid stalletjies – insluitende handgemaakte ware, vetkoekburgers, worsbrode, pannekoek, pap en kaiings, roosterkoeke en tuisgebroude bier by die aandmark vanaf 16:00. Vir die jongspan is daar gesigverf, rekspring, verfbal en ’n springkasteel.
Die EbFlo-Blommeklub sal op Maandag, 17 Desember ’n Kersspel – Die Geboorte van Christus – met blomme, vers en klank uitbeeld.
Kaartjies kos R50 per persoon.
Op 18 en 21 Desember is daar ’n heerlike spitbraai, terwyl Menno Mostert en Vriende ’n Kersprogram op 19 Desember om 19:30 op die planke sal bring.
Kaartjies vir die Kersprogram kos R50 per persoon.
Gospeldansers vermaak die gehoor op Donderdag, 20 Desember om 19:00.
Sondag, 22 Desember skop met ’n potjiekoskompetisie af, terwyl LuisterFM vermaak vanaf 15:00 verskaf. Etes is vanaf 13:30 teen R40 per persoon beskikbaar.
Die fees sluit af met Kerssang by Kerslig om 19:00 vir 20:00.
Vir meer inligting, skakel Anita Jordaan by 072 533 7725.