MOTORGEESDRIFTIGES kan eersdaags hul “rubber-tekkies” regskud vir ’n blink en raserige skou in top-versnelling.

Of jy ’n petrolkop of adrenalien-verslaafde is, of nie – kry jouself in rat, sit voet in die hoek en laat wiel na Jeffreysbaai vir die Jeffreysbaai Klassieke Karklub se jaarlikse motorskou – Keith’s Piekniek ter ere van die wyle Keith Marsh.

Gordel jouself vas vir ’n tasbare reis deur die motor-geskiedenis van die land, ervaar die legendariese baanbrekers en laat die kragtige motors van toeka-se-dae tot nou brul.

Die JBay Radio Flyers sal hul modelvliegtuie op die dag ten toon stel.

Die motorskou vind op 11 Mei vanaf 10:00 tot 14:00 by die Supertubes braai-area in Jeffreysbaai plaas. Braaivleisvure sal verskaf word.

Toegang is gratis. Skakel Johnny Vee by 082 780 6553.

You need to be Logged In to leave a comment.