Konsert gou in die Baai te sien

PLAASLIKE musiekliefhebbers het iets om na uit te sien hierdie Desember wanneer die Veremarksentrum sy jaarlikse Kerskonsert aanbied.


PLAASLIKE musiekliefhebbers het iets om na uit te sien hierdie Desember wanneer die Veremarksentrum sy jaarlikse Kerskonsert aanbied.

Die musiek, soos uitgevoer deur vier orreliste, ’n viool-virtuoos, twee pianiste, twee soprane en bariton, die Jubelkoor, asook ’n massakoor, is beslis iets vir die boeke.

Die Kerskonsert word ten bate van liefdadigheid gehou en vanjaar gaan die opbrengs aan Cerebral Palsy, Eastern Cape. Toegang is R50 per volwassene, R40 per pensioenaris en R10 vir kinders.

Die Veremarksentrum se Kerskonsert sal op 5 Desember om 13:00 plaasvind. Vir meer inligting, skakel 082 726 9595.

You need to be Logged In to leave a comment.