DIE Kouga Besigheidsforum (KBF) vergader op Dinsdag, 3 Maart om 19:00 by Seashells Akkommodasie in Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
KBF-lede en belangstellende Kouga-sakeleiers is welkom om die algemene jaarvergadering by te woon.
KBF-komiteelid, Leilani Coetsee, sê: “Die kerndoel van die forum is om ’n progressiewe en volhoubare besigheidsklimaat te skep , asook om gesonde sakepraktyk en beginsels te bevorder.
“Die bevordering van toerisme, netwerkge-leenthede en samewerking met die Kouga-munisipaliteit is ook prioriteit.”
Volgens Coetsee wil die KBF-komitee dit vir alle besighede – klein of groot – moontlik maak om deel van die organisasie te wees, en sodoende plaaslike ekonomiese groei bevorder.
“Die eenvormige ledegeld, wat dit vir kleiner ondernemeings moeilik gemaak het om by die forum aan te sluit, is met ’n gedifferen- sieerde ledegeldstruktuur vervang.
“Ledegeld vir besighede met ’n maksimum van vyf werknemers beloop R600, terwyl besighede met ses of meer werknemers R1 200 betaal. Skole, kerke en nie-winsgewende organisasies betaal geen ledegeld nie.
“Elke KBF-lid sal meer inligting saam met hul ledegeld-rekening ontvang.”
Die forum beoog om ’n databasis van alle plaaslike besighede en hul dienste saam te stel. Dié inligting sal op hulle webwerf beskikbaar wees.
“Hierdie inligting kan handig te pas kom vir besighede en besoekers, en is ook gratis bemarking vir lede,” sê Coetsee.
Vir meer inligting, skakel Coetsee by 084 681 3702 of 083 294 1768. Stuur ’n epos na office@kougabusinessforum.com.
Besoek die Kouga Besigheidsforum Facebook-blad by www.facebook.com/KougaBusiness.