KOUGA Sages senior gholfers, in samewerking met Kansa en Sanlam, bied op 30 November hulle jaarlikse Kansa Gholfdag by die Jeffreysbaai Gholfklub aan.
Die formaat is IPS.
Inskrywingsvorms is by die gholfklub beskikbaar.
Die koste is R170 per persoon.
Fondse ingesamel is ten bate van Kansa.
Vir meer inligting, skakel die Jeffeysbaai Gholfklub by 042 293 2532.