Trek jou stapskoene aan, sit jou feeshoed op en kuier by die eerste Gamtoos Bash by die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie op Saterdag, 15 Junie. Die stalletjies bied vars groente en vrugte, vleis, lekkernye, tuisgebak en unieke handgemaakte ware. Danie Malan, ’n boer van die plaas Tierhoek, bied toere van die sitrusboorde. Ontbytrolle, Mexikaanse kos, spiraal-aartappels, hamburgers, slaptjips, jafels, pannekoeke en roomys stil die honger. Besoekers kan gesellig in die wyn- of biertent of teetuin kuier. Die kleingoed kan in die pretpark met ’n mallemeule, springkastele, trapkarre en verfbal baljaar. Jennifer Zamudio tree om 12:00 op, Germandt Geldenhuys om 14:00, Jakoos Scheepers om 19:00 en Herman Kleinhans om 20:00. Toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Vir meer inligting besoek www.baviaans.net of kontak Nichola Uys by info@baviaans.net. Hier wys Hayley en Shawn Young van Patensie dat hul gereed is om groot fees te vier. Foto:ANNELI YOUNG PHOTOGRAPHY