Die kunsfees Kunskoors, wat van 1-3 Mei op Jeffreysbaai gehou word, is besig om simptome van hoë koors te toon.
As ‘n voorsmakie van die boekefees, gaan die veteraan joernalis en skrywer Bun Booyens sy boek ‘Troep- Die Dinge Wat Hulle Saamdra’ by De Viswijf kom bespreek op 23 April.
Veronica Fourie sal die gespreksleier wees.
Dié boek is die afgelope ses maande die beste verkoper van Afrikaanse nie-fiksie in Suid-Afrika.
In ‘Troep’ deel meer as 150 “gewone” dienspligtiges hul ervarings.
Saam vorm dit ’n “tydstempel” van daardie era. Plek is beperk. Bespreek en betaal die R95 toegang nie later nie as 20 April by De Viswijf.
Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30nm. ‘n Verwelkomingsdrankie is ingesluit, en ‘n à la carte spyskaart is beskikbaar.