Op 16 Mei het Loerieheuwel Gekombineerde Skool met groot opgewondenheid hul eerste sportdag in jare gehou – en dit was ‘n reusesukses.
Dit was wonderlik om die entoesiasme van die leerders, die geesdrif van die ondersteuners en die samewerking tussen verskillende skole te sien.
Die skool het dank uitgespreek teenoor elke skool wat deelgeneem het en wat hul weg oopgesien het om hulle op hierdie spesiale dag te ondersteun.
“Julle teenwoordigheid het ‘n groot verskil gemaak en het die dag ekstra besonders gemaak vir ons leerders.
“‘n Spesiale woord van dank gaan ook aan JDM Joint Venture, Moorland Seedlings en Ferry Hotel vir hulle donasies en waardevolle ondersteuning. Julle bydraes het ‘n groot rol gespeel in die moontlikmaking van hierdie dag – ons waardeer dit opreg!” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Na al die pret en samesyn, sien die kinders en skoolgemeenskap nou uit na vele sportdae in die toekoms.



You must be logged in to post a comment.