Luan maak plan om meisie te ontmoet

‘n JoNGMAN moet mos planmaak as die inhok van die pandemie hom en sy vriende tuishou en die kanse om meisies te ontmoet, skraal raak.


‘n JoNGMAN moet mos planmaak as die inhok van die pandemie hom en sy vriende tuishou en die kanse om meisies te ontmoet, skraal raak.

“Desperate tye, vereis desperate optrede!”, por ‘n vrou vir Luan Klopper (23) op sosiale media aan.

Dit volg na Klopper ’n kartonboks-plakkaat met sy “pleitdooi” gemaak het en in plaas van op die hoek van die straat daarmee staan, voor die SPCA Charity Shop op sy tuisdorp, Jeffreysbaai, gekiek is.

Hy het ’n hemp gaan koop, met die guitige Suzanne Kruger, dierekampvegter van formaat, aan’t gesels geraak, en sy het hom uiteraard dadelik aangemoedig om ewe kontant voor die winkel te poseer.

En watter vrou se knieë sal nou nie knak voor ’n aantreklike jongman wat met die plakkaat op Kruger se sosiale media pronk nie.

In Engels geskryf, staan daar: “Ek het toiletpapier en ontsmettingsmiddel!! Maar niemand om dit mee te deel nie. Ek hoop om my meisie tydens die inperktyd te ontmoet. 082 860 7367”

’n Paar “ouer” bewonderaars bekla die feit dat hy “bietjie jonk” is. “Ai, hoekom is ek so oud”, vra ene Trudie.

’n Ander wonder of sy haar dogter aan hom kan voorstel.

Nog een sê dat dit ‘n “deal” is as hy kan bevestig hy het werk.

En ja, hy het geswot en het inderdaad werk. Klopper sê dat sy vriend uit die buiteland hom gevra het hoe mens in hierdie situasie ooit meisies gaan ontmoet.

Die plakkaatplan is gebore. En die reaksie, natuurlik, geskiedenis . . .

You need to be Logged In to leave a comment.