Vir Alta en Gregg Bremner sou 2020 die jaar wees waarin al hulle drome bewaarheid word.

Nadat hulle op 13 Januarie in die huwelik bevestig is, het hulle uitge- sien om hulle nuwe lewensreis saam aan te pak. Alhoewel hulle nie meer vandag se kinders is nie, het die twee met sterre in hulle oë uitgesien na die wittebroodtydperk wat sou kom. Ongelukkig het die jaar vir die Bremners, soos so baie ander mense, amper onder gekry.

Omdat hulle albei op daardie stadium in die diens van ’n vakansie-oord in Kaap St. Francis was, het hulle albei as gevolg van die COVID-19-pandemie hul werk verloor.

“Die besigheid was ongelukkig meestal van oorseese toeriste afhanklik en toe die grense sluit, moes hulle noodgedwonge mense aflê. Dit was verskriklik. Maar ons is nie mense wat maklik gaan lê nie.”

Albei het gelukkig gou weer werk gekry, maar ten spyte daarvan was dit steeds vir hulle, soos vir die res van die wêreld, ’n uiters spanningsvolle tyd.

Die oneindige druk het daartoe gelei dat Alta op 20 Augustus by die werk ’n beroerte gekry het. Die vrou wat vandag in Masters-restaurant sit, is net- jies gekleë en grimeer – jy kan haar deur ’n ring trek. Die versigtige en presiese uitspraak van haar woorde herinner ’n mens aan die adelikes van ouds.

“Ek was deur my hele siekte omring deur wonderlike mense wat my gehelp en bygestaan het. Greg was ongelooflik. Hy het my absuluut op sy hande gedra.”

Gedurende die tydperk wat die paartjie by die vakansie-oord in diens was, het hulle bevriend geraak met die Sweedse toergids, Anders Kullenberg.

Hulle droom oor die jare saam daarvan om ’n restaurant oop te maak, maar dit kon nooit realiseer. Tot nou toe.

Ná Alta se beroerte besluit die Brem-ners, in samewerking met hulle Switserse vennoot, om ’n restaurant in St. Francisbaai oop te maak.

Greg, wat sy lewe lank in die gasvryheidsbedryf werksaam was, het jare se ondervinding en kennis om te verseker dat alles seepglad verloop.

Greg het ook ’n omgewingsvriendelike, waterlose karwas begin om aan hulle kliënte te bied terwyl hulle sit en eet of koffie drink. Dit is amper ondenkbaar dat ’n kar so skoon kan kom sonder om ’n druppel water te gebruik – dit word alles gedoen deur omgewingsvriendelike chemikalieë aan die voertuig te wend en dit dan af te vee.

Die enigste water betrokke is wanneer hulle die lappe ná die tyd uitspoel.

“Baie mense sou sê dis ’n slegte tyd om ’n restaurant oop te maak, want so baie besighede maak toe, maar ons móés net eenvoudig ’n kans vat.”

Van die stralende paartjie wat jou groet wanneer jy die restaurant betree, tot die heerlike ontbyte, veerligte omelette en fantastiese lekker melkskommels met spuitroom, malvalekekrs én gekleurde korreltjies bo–op, is Masters voorwaar ’n fees om te besoek.

Dit is werklik’n getuienis dat die wat waag, wél wen.

Masters @ St Francis deel graag die volgende resep met ons lesers:

Pecan nut and Carrot Muffins

Ingredients:

4 Eggs

500ml Sugar

375ml Oil

750 ml Cake flour

15 ml Baking Powder

10 ml Baking soda

15 ml Cinnamon

750 ml Grated Carrots

300 ml Chopped Pecan nuts

Method:

1. Whisk the eggs and sugar together until pale and fluffy, then beat in the oil.

2. Sift all the dry ingredients toge-ther and fold into the egg mixture.

3. Add the carrots and pecan nuts and mix well.

4. Turn into a greased muffin pan.

5. Bake at 180 degrees for 25–30 minutes, or until skewer inserted into the middle comes out clean.

You need to be Logged In to leave a comment.