Meisie (12) se illustrasies in JK Rowling-boek

TEHILLA Meyer is slegs 12-jaar-oud, maar kan reeds spog met die feit daar haar illustrasies in die Afrikaanse weergawe van die Britse skrywer JK Rowling se boek getiteld The Ickabog, verskyn.


TEHILLA Meyer is slegs 12-jaar-oud, maar kan reeds spog met die feit daar haar illustrasies in die Afrikaanse weergawe van die Britse skrywer JK Rowling se boek getiteld The Ickabog, verskyn.

Volgens die Ickabog-kompetisie webwerfblad, het Rowling, wat be-kend is vir die skryf van die Harry Potter-reeks, genoem dat sy The Ickabog-kinderverhaal meer as tien jaar gelede geskryf het, maar het vroeër vanjaar besluit om ’n gratis aanlyn-weergawe van die boek vry te stel terwyl kinders, ouers en versorgers tuis was tydens die koronavirus-pandemie.

Die webwerf het verder genoem dat Rowling versoek het dat Suid-Afrikaanse kunstenaars tussen die ouderdom van sewe en 12 jaar illustrasies moet indien vir die Afrikaanse weergawe van die boek wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is.

Uit die 300 inskrywings is slegs 34 illustrasies gekies en verskyn in die boek, saam met die erkenning van elke kunstenaar.

Tehilla, van Astonbaai, was een van die gelukkige kunstenaars wie se illustrasies gekies was.

Dié graad 6-leerder aan die Victory Christian Skool in Jeffreysbaai, teken van kleins af in haar vrye tyd.

“Ek het nog altyd van kuns gehou en gereeld ekstra kunslesse by my kunsonderwyser, Elaine Roos, op skool geneem,” het Meyer gesê.

Vroeg vanjaar het haar Afrikaans-onderwyseres, Answa Pieterse, haar klas vertel van die kompetisie en hulle aangemoedig om die gratis aanlynweergawe van Die Ickabog te lees en deel te neem aan die kompetisie.

Ten spyte daarvan dat sy voorheen geen van Rowling se boeke ge-lees het nie, was Meyer nuuskierig om Die Ickabog te lees nadat sy baie oor die Harry Potter-boeke gehoor het.

“Toe ek die boek gelees het, het ek agtergekom dat daar ná elke paar hoofstukke ’n lys was van moontlike dinge om te teken en dat daar altesaam 34 tonele was waaruit ek kon kies,” het sy gesê.

“Ek wil myself graag in kuns uitdaag, en daarom het ek gedink dit sal ’n wonderlike geleentheid wees om vir die kompetisie in te skryf.

“Toe ek my kunswerk voorgelê het, het ek gehoop dat ten minste een van my illustrasies in die boek sou verskyn.”

Tot haar verbasing is in Oktober bevestig dat al drie haar illustrasies gekies is vir verskillende hoofstukke in die boek.

“Ek was baie bly en opgewonde toe my kunswerke vir die boek gekies is. Ek was ook verbaas dat drie van my illustrasies gekies is,” het sy gesê.

Tehilla se illustrasies wat gekies is, sluit in, Die Pou, Lady Eslander en haar Lantern, en Ma Grommer.

Die talentvolle meisie beplan om eendag ’n professionele balletdanser te word, terwyl sy deeltyds aan haar kuns gaan werk.

You need to be Logged In to leave a comment.