‘Mens kan nie ’n bababed eet nie’

ARMWEES beteken nie jy verdien ander se weggooigemors nie.


ARMWEES beteken nie jy verdien ander se weggooigemors nie.

Dit beteken nie jy is nié geregtig op menswaardige behandeling en liefde nie.

Die passie straal uit Carla Smit (volgende maand 49), maar ook onsteltenis oor mense se gebrek aan deernis vir diegene in nood.

Dink jou in: jy is onverwags swanger, moontlik werkloos, verlaat deur die één persoon wat jou moes deurdra . . . dit laat jou despe-raat en weerloos. Waarheen, hoe en watnou?

En om dan nog by ander hoor jy is ‘n uitvaagsel?

“Dit kon nie anders nie. Ek móés ‘n plek van veiligheid en ’n basis van sorg begin vir die wat bitter swaar-kry op ons pragdorp,” sê Carla.

Bykans twee jaar gelede het sy The Ladies Lighthouse in Jeffreysbaai op die been gebring om kwesbare vroue, jong mammas en kinders deur donker tye te help.

“Ons gemeenskap is genoop om met empatie en meelewing die ge-sindheid van Jesus vir mense in nood te lééf. Selfs met diegene wat ekonomies swaartrek, gaan dit beter as met die wat letterlik niks het nie. Ons kla te dikwels met die spreek-woordelike witbrood onder die arm, terwyl ons deur smart en absolute wanhoop omring word.”

Carla praat intens oor die mense van die omgewing wie se harte oop is. “Die weldoeners is volop, en hulle bring en gee en voorsien, maar dikwels is daar mense en selfs kerke wat met voorwaardes en selfs oordeel gee.”

Sy meen dat die goue reël altyd moet geld – doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. “Dis met innige dankbaarheid wat ons kos-pakkies ontvang, maar dink aan wat jy vir jou gesin sou voorsit.”

Sy meld die voorbeeld: Ons waar-deer die pakkies pasta, maar is verleë om kaal pasta of rys op te dis. Dit is nie Jesus se hart om vir die wat reeds waardeloos voel, afskeepkos te gee nie. “As ons goed doen, dat dit dan ‘goed’ wees.”

Ons help die wat so ’n rou tyd deurworstel om op die been te kom; nie om swak gewoontes of blinde keuses te ondersteun en voort te sit nie, verduidelik Carla. Die gawes en skenkings maak dit moontlik dat ons hulle deurhelp en op ‘n plek te bring waar hulle onafhanklik kan wees.

“Wat my ontstig is die aanmatig-ende houding waarmee mense dinge gee. Soms moet ons ’n item verkoop want ons het reeds so een, maar kry ’n siedende oproep waar die aanvanklike gewer ons kwalik neem.”

Carla is beslis hieroor: as jy gee, gee jy! “Mens kan nie ’n bababedjie of klere éét nie. Om te verwag items moet gestoor word en nie gebruik nie (op watter wyse ookal), is kortsigtig.”

“Mense moet verstaan dat die foto’s waarop hulle aandring as hulle klere skenk, is van ‘n vrou wat net ure vantevore verkrag is.”

Sy kyk in die oë van ‘n 17-jarige meisie wat byna geboorte moet gee; sy sien die onsekerheid, die vrees vir die toekoms en hoe onmoontlik dit vir haar lyk. En Carla wéét dat die Here se aanvanklike boodskap aan haar soos ‘n baken sal bly staan om die weerloses te help: “Vertrou My.”

Help die wat waardeloos, hulpe-loos en magteloos is deur omstan-dighede, om weer op die been te kom.

Skakel Carla by 079 399 8565.

You need to be Logged In to leave a comment.