DIE NG Kerk Moedergemeente in Humansdorp hou op Saterdag, 16 November ’n musiekfees ter viering van hul 170ste bestaansjaar – die einde van ’n jaar se feesvieringe.
Dié musikale reis van liefde, met plaaslike kunstenaars Menno Mostert en Petri van Blommestein, vind presies 67 jaar na die hoeksteenlegging en inwyding van die kerksaal in 1952 plaas.
Kaartjies kos R50 per persoon.
Bring ’n piekniekmandjie of bestel ’n bord eetgoed teen R35 per dosyn voor 12 November.
Vir inligting, skakel die kerkkantoor by 042 295 2006. – MEDEWERKER