BYNA ’n honderd ontstoke mense het gereageer op Cindy Smit se trauma nadat ’n motoris ’n lamppaal en stopteken uit die aarde gery en skynbaar van die toneel verdwyn het.

Die klaagster se trampolien en twee pale het ewe sleg daarvan afgekom.

Sy moes na die ongeluk stukke pla-stiek en glas op haar grasperk verwyder. Die motoris se nommerplaat het op die toneel agtergebly.

Hy het later gekom en verduidelik dat hy niks van die ongeluk onthou nie, maar dat vriende hom kom wys het waar die bakkie in ’n sloot lê. Hy het onderneem om die skade te vergoed.

In dieselfde verband wys Elmarie Erasmus daarop dat ’n stopteken onlangs om 02:00 uit sy fondamente gery is. Die voertuig is vinnig verwyder, geen haan het daarna gekraai.
– JANNIE HOUGH

You need to be Logged In to leave a comment.