DIE Nederduitch Hervormde Kerk in Jeffreysbaai, in samewerking met die EbFlo Blommeklub, bied op 17 Desember om 17:00 ’n Kersverhaal by die kerk aan – uitgebeeld deur blomme, vers en klank.
Die koste is R50 per persoon.
Vir inligting of kaartjies, skakel Anita Emblem by 072 533 7725.