DIE NG Kerk PE Sonheuwels hou op Saterdag, 4 Mei om 09:00 ’n familie-skietdag by die Blougat-skietbane in Loerie.
Oud en jonk kan hul skietvernuf met informele skiet en skyfskiet ten toon stel.
Geakkrediteerde instrukteurs sal onervare skuts op die dag touwys maak.
Deelnemers kan hul eie vuurwapens gebruik. Wapens en ammunisie teen koste sal op die dag beskikbaar wees.
Die kostes is R50 per persoon. Verversings sal te koop wees.
Vir meer inligting en om bywoning te bevestig, skakel Frikkie Marx by 082 502 4676.