OUWÊRELDSE basaar met keurige gebak, kraakvars produkte en topvermaak met Fonnie du Plooy . . .
Die NG Kerk Loerie hou op Saterdag 30 Maart, vanaf 08:00 kermis by die kerk in Kerkstraat.
Kermisgangers kan uitsien na ’n lekker kuieroggend met voormalige RSG-aanbieder Fonnie du Plooy. As omroe-per, vanaf 1976, was sy fluweelstem ’n bekende ‘gas’ in inwoners se huise, hetsy hy nuus, versoekprogramme, sport of joernaalprogramme uitgesaai het.
Pa-en-dogter-orkes, Kobus Karla Gouws, gaan besoekers met hul musiek vermaak: Afrikaans, “boere-balke”, 80’s en Country.
’n Egte plaasontbyt sal te koop wees. Laatkommers kan aan roosterkoek met wors, jaffels, pannekoek en nagereg smul.
Alles van vleis, gebak tot groente sal te koop wees.
Toegang is gratis.
Vir meer inligting oor die kermis, skakel 042 287 0634.