DIE NG Kerk Moedergemeente hou op Saterdag, 7 September vanaf 08:00 tot 12:00 ’n vrolike lentemark ter viering van hul 50ste verjaardag.
Die tafels gaan kreun onder pannekoeke, worsbroodjies, poedings, vars groente, vleis, vrugte, jaffels en kerrie en rys. En wat is ’n mark nou sonder ’n naaldwerktafel en heerlike gebak?
’n Teetuin sal sorg vir sitplek vir die met moeë voete en droë kele.
Daar is ook ’n pretpark vir die jongspan.
Hannes van Wyk, gewilde Kwêla-aanbieder wat al met Nelson Mandela, Arnold Schwarzenegger, Bill Clinton en Sophia Loren onderhoude gevoer het, besoek op 14 September om 09:30 die kerk waar hy gaan praat oor Wat elke Vrou wil weet.
Kaartjies kos R100 per persoon.
Vir inligting, skakel Lida van Onselen by 083 962 2417 of Erina de Jager by 083 419 7133.