KUNSTENAARS . . . stalletjies . . . pretdraf . . . kos . . . en plaasimplemente.
Alles op een dag. Met een rede: om fees te vier.
Die NG Kerk Moedergemeente Humansdorp hou op 9 Februarie ’n groot plaasfees by The Burns naby Lombardini ter viering van hul 170ste bestaansjaar – die begin van ’n jaar se feesvieringe.
Die plaasfees skop om 08:00 met ’n 5km Farm Run vir die hele gesin af. Inskrywings is om 07:00 by die fees en die inskrywingsgeld is deel van die toegangsfooi.
Vir meer inligting, skakel Dewald van Staden by 071 295 3044.
Die fees word amptelik om 09:45 deur Ds Kobus Stapelberg geopen. Hierna sing die Stulting Skoolkoor en word duiwe vrygelaat.
Die jongklomp kan na ’n kindervertoning om 10:30 uitsien, terwyl Frikkie Mulder die gehoor om 11:30 sal vermaak.
Feesgangers kan luister na plaaslike kunstenaars Elandri en Mallie, asook Jakoos, Herman, Appel en Jo Black.
Die fees eindig op ’n prettige noot om 20:00 met Local is Lekker deur Charl.
Benewens musiekvermaak, is daar verskeie mark- en kosstalletjies, asook ekspo-stalletjies.
Daar is verder bier-, wyn- en gin-proe stal-letjies.
Aktiwiteite vir die jongspan sluit in springkastele, trapkarre, ponieritte, meganiese bul, verfbal, gesigverf, water-gly, ‘bungy bounce’ en sandkuns.
Meer inligting
- Kaartjies, aanlyn beskikbaar by Quicket, kos R70 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse en laerskool-leerders.
- Vir navrae, skakel Paula by 082 657 4559 of Geraldine by 082 321 4763.
- Stuur ’n epos na geraldine@jo-rie.co.za.
- Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad, Humans-dorp Plaasfees.