NG Kerk hou vrouefees

VROUE hoor die naweek ’n boodskap van hoop by die NG Kerk-kompleks, Jeffreysbaai wanneer “ongestremde” Peet Kemp vertel hoe hy regop loop.


VROUE hoor die naweek ’n boodskap van hoop by die NG Kerk-kompleks, Jeffreysbaai wanneer “ongestremde” Peet Kemp vertel hoe hy regop loop.

Die Vrouebediening van die kerk hou op Saterdag, 7 September om 09:30 ’n Vrouefees by die kompleks op die hoek van Torchwoodlaan en Olienhoutstraat in Wavecrest.

Kemp, wat in 2006 ná ’n jetski-onge-luk en mislukte operasie in ’n rolstoel beland het, gaan sy lewensverhaal met feesgangers deel.

Nagenoeg 42 operasies later, en ’n lang pad saam met die Here, kan hy vandag weer loop.

Hy dra steeds ‘lemme’ om hom te help loop, leef met ’n kolostomie en ’n ingeplante rekenaar op sy spinale koord wat help met spierkontraksies en pyn.

Maar hy sien homself beslis nie as getsrem nie. “Ek glo dat tye soos dié, mens nader aan jou Skepper bring,” sê Kemp wat nou met ’n gesindheid van dankbaarheid leef.

“Ek wil ’n verskil in ander mense se lewens maak. Ek wil hulle leer om die mooi in dinge raak te sien, en nie te talm op dit wat verkeerd is nie.”

Die Laerskool Stulting-koor gaan onder leiding van Riëtte du Toit optree.

Kaartjies kos R80 per persoon en sluit verversings in. Vir meer inligting, skakel Lyda Agenbach by die NG Kerk-kantoor by 042 296 2451 of stuur ’n epos na finansng2@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.