NG Kerk hou vuurwarm wintermark

DIE NG Kerk in Da Gamaweg, Jeffreysbaai hou vanaf 4 tot 6 Julie ’n Wintermark vir oud en jonk in die kerksaal.


DIE NG Kerk in Da Gamaweg, Jeffreysbaai hou vanaf 4 tot 6 Julie ’n Wintermark vir oud en jonk in die kerksaal.

Die tafels gaan kreun onder ontbytgoed, pannekoek, worsbroodjies, jaffels, poeding en gebak.

Biltong, droëwors en juweliers-ware sal te koop wees.

Tuinliefhebbers kan plantjies aanskaf, en op die naaldwerktafel gaan kunstige items pronk.

’n Teetuin sal sitplek bied vir dié met moeë voete en droë kele.

Vir meer inligting, skakel 042 296 2451.

Marktye

  • Donderdag, 4 Julie: 08:30 tot 16:30
  • Vrydag, 5 Julie: 08:30 tot 16:30
  • Saterdag, 6 Julie: 08:30 tot 12:30

You need to be Logged In to leave a comment.