KUNSTENAARS . . . wynveiling . . . kindervermaak . . . kuns . . . en ’n biertent.
Alles op een dag. Met een rede: om fees te vier.
Die NG Kerk Jeffreysbaai hou op Woensdag, 18 Desember ’n groot vreugdefees by Mentorskraal ter viering van hul 50ste bestaansjaar.
Dié kerk het onstaan toe hulle in 1969 van die NG Kerk Moedergemeente Humansdorp afgestig het.
Die feesvieringe skop af met ’n biertuin om 15:00, gevolg deur Toks van der Linde en Die Broers om 19:00.
Wyn, vleis en kuns van die bekende skilder, James Harris, kom onder die hamer met bekende afslaer Deon Klopper.
’n Vingerete sal voorsien word.
Kaartjies kos R250 vir volwassenes en R125 vir kinders. ’n Beperkte aantal kaartjies is by die hek beskikbaar.
Vir meer inligting, skakel Lydia Agenbach by 084 240 0282.