DIE NG Kerk Moedergemeente in Humansdorp hou op Saterdag, 1 Februarie om 08:00 ’n mini-basaar by die kerksaal.

Heerlike gebak, pannekoek, poeding, wavels en braaivleis sal te koop wees.

‘n Teetuin sal sitplek bied vir dié met moeë voete en droë kele, terwyl die jongspan op ’n springkasteel kan baljaar.

In ’n poging om meer omgewing-vriende-lik te wees, word feesgangers gevra om hul eie houer vir die braaivleis en pannekoek te bring.

Vir meer inligting, skakel Chalise by 066 247 5827 of Jo-Ann by 078 245 0283.

You need to be Logged In to leave a comment.