NG Kerk Moedergemeente vier fees

KUNSTENAARS . . . stalletjies . . . pretdraf . . . kos . . . en plaasimplemente.


KUNSTENAARS . . . stalletjies . . . pretdraf . . . kos . . . en plaasimplemente.

Alles op een dag. Met een rede: om fees te vier.

Die NG Kerk Moedergemeente Humansdorp hou op 9 Februarie ’n groot plaasfees by The Burns ter viering van hul 170ste bestaansjaar – die begin van ’n jaar se feesvieringe.

Die begin?

Na die begeerte van ’n eie kerk in Humansdorp in 1848 verwoord is, is die eerste kerkgebou – die oudste in die Humandsdorp-distrik – in 1849 op die plaas Geelhoutboom (Kerkplaas) in die Suurveld opgerig – ’n afstigting van die Uitenhage-gemeente.

Die eerste kerkraadslede, benoem deur die Ring van Albanië, is op 17 Februarie aan die gemeente voorgestel. Die gemeente het tot 1858 Alexander geheet (vernoem na konsulent ds. Alexander Smith).

Kort na die totstandkoming van die gemeente, is ’n nuwe kerkgebou in Augustus 1851 in Humansdorp opgerig en die gebou op Kerkplaas is verkoop.

Vandag staan slegs die murasie van die eerste gebou op Kerkplaas, met suikerbos wat tussenin groei.

In 1895 is die kloktoring langs die kerkgebou aangebring.

’n Jaar later is ’n heining van sierlike ystertraliewerk om die kerkgebou opgerig.

Amper ses dekades later is die gebou en ou pastorie in 1952 gesloop om plek te maak vir die die gebou wat vandag trots op die hoek van Hoofstraat en Kerkstraat staan.

Slegs van die traliewerk het behoue gebly.

Na ’n lelike kraak in die kerktoring in 1969 herstel is, kon die weerhaan nie weer sy staan op die kerktoring kry nie – hy was die oorsaak van die kraak.

Nou skrop hy maar op ’n spesiale miniatuur-toring op die grond.

Feesvieringe

Die plaasfees skop om 08:00 met ’n 5km Farm Run vir die hele gesin af. Inskrywings is om 07:00 by die fees en die inskrywingsgeld is deel van die toegangsfooi.

Vir meer inligting, skakel Dewald van Staden by 071 295 3044.

Die fees word amptelik om 09:45 deur Ds Kobus Stapelberg geopen. Hierna sing die Stulting Skoolkoor en word duiwe vrygelaat.

Die jongklomp kan na ’n kindervertoning om 10:30 uitsien, terwyl Frikkie Mulder die gehoor om 11:30 sal vermaak.

Feesgangers kan luister na plaaslike kunstenaars Elandri en Mallie, asook Jakoos, Herman, Appel en Jo Black.

Die fees eindig op ’n prettige noot om 20:00 met Local is Lekker deur Charl.

Nóg vermaak

Benewens musiekvermaak, is daar verskeie mark- en kosstalletjies, asook ekspo-stalletjies.

Daar is verder bier-, wyn- en gin-proe stalltetjies.

Aktiwiteite vir die jongspan sluit in springkastele, trapkarre, ponieritte, meganiese bul, verfbal, gesigverf, water-gly, ‘bungy bounce’ en sandkuns.

  • Pak in: drinkwater, insekweerder, toiletware, vuuraanstekers, komberse vir buite (dit kan koud raak) en malvalekkers vir die vuur.
  • Daar is plek vir 8 mense.
  • Kostes wissel van R700 (twee persone) tot R1 940 (agt persone) per nag.
  • Vir meer inligting, besoek www.naguiltjiekloof.wixsite.com/naguiltjiekloof.
  • Skakel Tammy Scheepers by 082 893 9782 of stuur ’n epos na naguiltjiekloof@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.