Rudolf Gerber o.15A met die bal. foto: MICHELL STRYDOM

DIE Hoërskool Nico Malan het Saterdag, 8 Mei, teen die Hoër Landbouskool Marlow rugby ge-speel. Daar het ses wedstryde in Humansdorp plaasgevind met albei skole wat in al die kragmetings klipharde rugby gespeel het.

Die nat en winderige weersomstandighede het spel vir albei skole moeilik gemaak.

Marlow se eerste span het die hoofwedstryd 29-5 gewen. Nico Malan en die Wolramme het aan die begin mekaar behoorlik aangevat.

Die lynstane van albei spanne het goed in die wind opgeweeg. Nico Malan se o.14’s het in hul wedstryde doelgerig gespeel en hul skool trots gemaak.

Hierdie wedstryde was regstreeks uitgesaai en is nou beskikbaar om te kyk op Nico Malan se YouTube-kanaal.

Hier volg die res van die uitslae:

2de span Nico Malan t Marlow (7 – 12)

3de span Nico Malan t Marlow (5 – 22)

o.16A-span Nico Malan t Marlow (5 – 31)

o.15A-span Nico Malan t Marlow (12 – 12)

o.14A-span Nico Malan t Marlow (19 – 5)

– MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.