VREUGDEVURE het hoog gebrand toe die eksamenuitslae van 2019 se matrieks by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp be-kendgemaak is.
Dié skool spog met ’n 95.8%-slaagsyfer.
Van die 143 graad 12-kandidate wat die eksamen afgelê het, het ses leerders A-ge-middeldes behaal. Hulle is Wilmien van Biljon (92.15%), Danielle Hamilton (85.72%), Christine Langenhoven (85.58%), Riana Goussard (82.58%), Renier Moolman (82.58%) en Zoë Steel (81.15%).
Top-matriekpresteerder en oud-hoofdogter, Wilmien van Biljon, is as die beste pre-sterende matrikulant in die Sarah Baartman-distrik aangewys, asook die derde beste matriekleerder in Kluster-B.
Sy spog met sewe onderskeidings: Afrikaans Huistaal (97%), Engels Eerste Addisionele Taal (96.6%), Wiskunde (80.7%), Lewensoriëntering (94.7%), Lewenswetenskappe (92.5%), Aardrykskunde (89.9%) en Fisiese Wetenskap (92.2%).
Volgens Van Biljon was dié eksamen baie minder senutergend as vorige eksamens: “Die eksamen was ’n samevatting van al die harde werk en voorbereiding wat ek oor die jare ingesit het.
“Hoewel die meeste vakke glad nie moei-lik was nie, het ek redelik met Wiskunde kleigetrap.”
Sy studeer vanjaar LLB aan die Universiteit van Stellenbosch.
Nico Malan het verder 22 leerders met B-gemiddeldes en 48 leerders met C-gemiddeldes.
’n Totaal van 101 leerders het vrystelling behaal om graadkursusse te doen, terwyl 36 leerders diplomakursusse (31) en sertifikaatkursusse (5) kan volg.