’n Hoogtepunt van die dag is Nico Malan se eerste netbalspan-oorwinning van 28 – 26. Die spelers is (agter van links) Meriegen van Dyk, Charné Butt (afrigter), Soni Kato, Kushinga Dzuramera, Lara de Bruijn Nicole Heppell, Ezetjé Greeff (afrigter) Chanel Burger, (voor) Simoné van Dyk, Angela Wait, Michelle Strydom en Anike Louw.Foto: VERSKAF


DIE stryd is aan . . .

Top-sportdeelnemers van die Hoërskool Nico Malan het tydens die jaarlikse FNB Classic Clashes op 17 en 18 Augustus, die sportsterre van Die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth aangevat.

Nico Malan se drie A-netbalspanne het as oorwinners uit die stryd getree – ’n eerste vir ’n interskole-stryd teen Framesby. Slegs drie van Nico Malan se top-netbalspanne het die onderspit gedelf.

’n Hoogtepunt van die dag is Nico Malan se eerste netbalspan-oorwinning van 28 – 26.

Die eerste rugbyspan van Nico Malan moes in ’n naelbyt-wedstryd die knie voor Framesby buig.

Net voor rustyd het Emile Wagener agter die pale gekuier en die skool op die telborg gebring: 7 – 21. Minute na rustyd het Jayron Draghoender en Wagener onderskeidelik ’n doelskop en drie aangeteken.

Draghoender teken vyf minute later ’n strafskop aan en bring die telling op 17 – 21.

Met ’n strafskop en drie deur Framesby verskuif die telling na 17 – 29.

Die eerstespan sluit die seisoen met ’n 82% wenrekord af.

You need to be Logged In to leave a comment.