Nico Malan spog met 98.7% slaagsyfer

DIE 2018-matriekleerders van die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp spog met ’n 98.7%-slaagsyfer.


DIE 2018-matriekleerders van die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp spog met ’n 98.7%-slaagsyfer.

Veertien leerders het ’n A-gemiddelde simbool behaal, waarvan vier leerders elk sewe onderskeidings het.

Die leerders is 2018-hoofdogter Nina Gerber (top-leerder in Groep B met ’n gemiddeld van 93%), Kyle de Villiers (tweede in die Sarah Baartman Distrik met ’n gemiddeld van 92%), Casey Addendorff en Emmie Butoi.

Erich du Plessis, Celine Lukas en Arnold Vermaak het elk ses onderskeidings behaal. Sadie Coetzee, Zelda du Pisanie, Emile Wagner en Henri du Toit spog elk met vyf onderskeidings; terwyl Alex de Jager, Nicole Kritzinger, Danielle Rademeyer en Dehan Terblance elk vier onderskeidings in die sak het.

Karla Bower, JP Kleinhans en Alaine Serfontein het elk drie onderskeidings.

Nagenoeg 81.6% van die leerders het vrystelling behaal om graadkursusse te doen, 14.5% diplomakursusse en 3.9% sertifikaatkursusse.

You need to be Logged In to leave a comment.