Tineke van Rooyen, formidabele vrou en prokureur, het drie weke gelede haar voete aan Jeffreysbaai se oewers geslaan, met die doel om nie net nader aan haar ouers te wees nie, maar ook om deel van die gemeenskap te word en sodoende haar gemeenskap te dien met regskundigheid en -vaardighede.

Tineke van Rooyen het ’n regspraktyk in Jeffreysbaai geopen. Foto:Joané Azenha

Dit is om dié rede dat sy ’n nuwe regspraktyk onder die naam en styl van TVR LAW by Mimosa-straat 1 op 12 Julie geopen het.

Op 48-jarige ouderdom, as gevolg van haar persoonlike ervaring dat die reg nie altyd regverdig is nie, het sy die brawe stap geneem om haar menslike hulpbron-kennis aan te vul met ’n LLB graad, welke graad sy cum laude by die NWU in Potchefstroom behaal het.

Alles wat sy aanpak, doen sy met passie en volle oorgawe. Die feit dat sy as die beste LLB student oor vier jaar by die NWU aangewys is, verbaas dus nie.

Van Rooyen is goed bekend met die eiesoortige karakter van kleiner gemeenskappe en begryp ten volle dat ’n nuwe persoon eers deel van die gemeenskap word as sy bewys het dat sy die vertroue van die gemeenskap waardig is. Sy ag haar goeie naam, eer en reputasie as haar kosbaarste besittings en nooi lede van die gemeenskap om haar te kom ontmoet en saam ’n koppie koffie te drink.

Vir Tineke is die beskermingsrol wat die reg bied, van uiterste belang en sy beywer haar om juis hierin haar gemeenskap te dien, vandaar dan ook die “skild” in TVR LAW se logo. Sy is passievol oor geregtigheid en duld nie situasies waar regsprosesse uitgebuit word wat dan tot nadeel van veral vrouens, kinders, werknemers en bejaardes strek nie.

Onkundigheid oor die reg is nog ’n area waarin sy haarself toespits en glo dat sy ’n waardevol-le bydrae hierin vir die gemeenskap kan lewer.

Sy beoog gevolglik ’n “Vra jou prokureur”-forum en nooi lede van die gemeenskap om hul regsvrae te stuur na tineke@tvrlaw.co.za, waar sy dan die vrae volgens kategorieë sal indeel en virtueel gratis leiding sal gee op haar TVR LAW Q&A Café YouTube kanaal.

Deur gemeenskapsbewusmaking kan die drastiese regsgevolge van die nie-nakoming van wetgewing voorkom word. Sy noem byvoorbeeld dat die nie-nakoming van die registrasie vereistes onder die nuwe POPI-wet, op instellings soos behuisingskemas en hul bestuurs-agente, kan lei tot ’n boete van tot R10-mijoen en/of tronkstraf, asook siviele skadevergoe-dingseise in die geval waar persoonlike inligting nie beskerming geniet nie. Uiteraard bied sy haar hulp aan besighede, gemeenskapsbehui-singskemas, skole, ens. indien hulle nie weet hoe om hiermee te werk te gaan nie.

“My eie ouers is bejaard en daarom het ek al met hulle gepraat oor die regsgevolge van by-voorbeeld dimensie en hoe hul belange beskerm kan word. ’n Ander aspek wat natuurlik belang-rik is, is dat by afsterwe van een van hulle, die langslewende beskerming onder hul testament sal geniet. Dit is belangrik vir die testament om ook voorsiening te maak vir die regsgevolge van ’n siektetoestand. Nie net moet ’n testament die toets van regsgeldigheid deurstaan nie, maar moet dit prakties ook uitvoerbaar wees. As ons na die gevolge van die COVID-pandemie kyk, dan wil ek glo dat iets so basies soos ’n testament op datum is en ten volle uitvoerbaar is. Daarom herinner ek graag die lesers om hul testamente te hersien en sodoende konflik oor die geldigheid daarvan by hul afsterwe te vermy.”

  • Vir verdere inligting kontak Tineke by 073 044 2155.

You need to be Logged In to leave a comment.