OP-baas gee Pellsrus groot kompliment

Nadat gewigoptellers van die Laerskool Pellsrus op Jeffreysbaai die Oos-Kaapse kampioenskappe by die Erica-kinderhuis in die Baai oorheers het, het hulle ‘n groot kompliment van George Piedt, voorsitter van die Oos-Kaapse Gewigoptelvereniging, gekry.

'n Groot groep leerders.
Die sterre by die Oos-Kaapse kampioenskappe. Credit: Verskaf

Nadat gewigoptellers van die Laerskool Pellsrus op Jeffreysbaai die Oos-Kaapse kampioenskappe by die Erica-kinderhuis in die Baai oorheers het, het hulle ‘n groot kompliment van George Piedt, voorsitter van die Oos-Kaapse Gewigoptelvereniging, gekry.

Die span se oorheersing was duidelik te sien in die 9 goue, 4 silwer- en 3 bronsmedaljes wat hulle huis toe geneem het. Piedt het gesê: “Die vordering wat julle in ‘n jaar gemaak het is verstommend. “Hou aan met die goeie werk. “Pellsrus het in een jaar reggekry wat ander klubs nie in drie jaar kon regkry nie.”

Die Pellsrus-klub het juis laas Donderdag (1 Mei) sy eerste verjaardag gevier en is dus maar nog in sy babaskoene. Die jong atlete is egter bevoorreg dat hulle deur die beste afrigter in die land, Pieter Pretorius, onder hande geneem word. Hy het voorheen Suid-Afrika se nasionale senior span afgerig.

Theolien Ruiters is in die meisies-afeling as die kampioen aangewys, terwyl Marlon Matthews die groot wenner onder die seuns was met die algehele titel. Ruwellyn Bantom is as die beste o.12-deelnemer aangewys, terwyl Jason Hallem die spantrofee omhoog gehou het.

Pretorius is uiteraard in die sewende hemel oor sy atlete se prestasies.

“Hier is talent – en sommer baie! “Van hierdie jong seuns en dogters stap nou in die voetspore van internasionale sterre soos Mona Pretorius, Jayden Pretorius en Tom Farquard wat ons provinsie opgelewer het,” sê hy.

Mona Pretorius is tot dusver die enigste Suid-Afrikaner wat ooit ‘n medalje by die wêreldkampioenskap kon wen toe sy met ‘n silwermedalje weggestap het.

Jayden Pretorius het by die Jeug Olimpiese Spele die vyfde plek behaal, terwyl Farquard die Statebond se jeug-rekordhouer was.

You need to be Logged In to leave a comment.