Van die kreatiewe lede van die NG Kerk Gamtoosvallei naby Patensie, is reeds hard besig met kunswerke, installasies, beelde en beligting om ‘n uitsonderlike Paasuitstalling gereed te kry.
Dit sal ‘n ‘roete’ behels deur sewe stasies by die kerk, en begin in die kategese lokaal. Kunswerke van onder meer Erika Ferreira en Marli Viljoen sal te sien wees. Dit volg op ‘n vorige suksesvolle uitstalling twee jaar gelede.
Vanjaar se tema is ‘Die Berg’ en verskeie geestelike gebeurtenisse met betrekking tot die berg word uitgebeeld. “Die berg beeld die ontmoeting van hemel en aarde uit. Besoekers kan ‘n refleksie kry op hulle eie geloof, ‘n persoonlike reis. Daar sal inligting in Engels en Afrikaans by elke stasie wees. Toegang is gratis. Ons nooi almal uit om die besielende uitstalling van 14 tot 17 April te besoek. Die eerste drie dae is dit oop van 16:00 – 18:30, en die laaste dag van 14:00 – 18:30,” sê die sameroeper Luane McLachlan.