Paniek skep raap-ape en troskopers

DIE moontlikheid van inperking weens die Covid-19 virus het mense verlede week al tot raserny gedryf, en paniekerig laat koop en goedere op-hoop – al het die Regering verseker dat supermarkte en nooddienste deurgans beskikbaar sal bly.


DIE moontlikheid van inperking weens die Covid-19 virus het mense verlede week al tot raserny gedryf, en paniekerig laat koop en goedere op-hoop – al het die Regering verseker dat supermarkte en nooddienste deurgans beskikbaar sal bly.

Sedert president Cyril Ramaphosa op Maandag die tuisbeperking van alle landsinwoners vanaf Donderdag om middernag uitgeroep het, het die raap-ape en troskopers die rakke in winkels en apteke gestroop. Sy pleitdooi dat mense nie op loop raak nie, aangesien die nodige plekke sal oop bly, het klaarblyklik op dowe ore ge-val.

Jeffreysbaai het nie agterweë gebly nie, en skoonskip is gemaak van noodvoorrade. Dinsdagmiddag was pro-dukte skraalgesaai op Checkers se rakke in die Equinox-sentrum soos mense eiers, hoofpynpoeiers, brood, pasta en groente en vrugte gekoop het. Daar was wel genoeg toiletpapier in voorraad na die toeloop om dié produk verlede week oorheers het.

By navrae kon die takbestuurder nie kommentaar lewer nie, maar voorrade word aangevul.

‘n Menslike gedragskenner lig haar mening: “Vrees is jou grootste vyand. Waninligting is volgende. Gesonde oorleg vlieg by die gedagtes uit as mense vrees, en dryf hulle tot absurde gedrag, soos om ses maande se toiletpapier te koop vir 21 dae – terwyl seep en water naby is.

“As mense nugter bly, na die president se toespraak luister en hul ge-sonde verstand gebruik, sal hulle besef dat die inperking hulle wel instaatstel om medikasie, mediese hulp, dienste en kruideniersware te bekom.”

Beweging na willekeur en byeenkomste word egter ingeperk. Daarvoor stel sy ‘n positiewe benadering en skeppende uitlaatklep voor.

Winkels op die dorp het staanplek vir klante uitgemerk, maar mense met maskers was uiters skaars. In Food Lovers Market was die vars-produkte opgekoop, maar die trok was glo oppad om aan te vul.

Louis van Dyk van Polipharm was rats op sy pos deur Maandagaand reeds die apteek se tye en dienste op sosiale media te plaas. Van Vrydag, 27 Maart is die apteek van 9:00 tot 16:00 oop, met een aflewering per dag indien kliënte voor 13:00 bestel. Slegs ses mense sal per keer in die apteek toegelaat word, en hulle moet die 2m-fisiese afstand handhaaf. Saterdae is hulle oop van 9:00 tot 13:00.

Kerke het onderneem om hul boodskappe en sang uit te saai, elke dag mense te bemoedig en van lesings te voorsien. Sielskos.

You need to be Logged In to leave a comment.