Patensie hou basaar die naweek

KOUGA-inwoners en besoekers kan dié Saterdag egte boeregasvryheid by die veertiende jaarlikse NG Kerk Gamtoosvallei-Oos Plaasbasaar verwag.

Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, liplekker tuisgemaakte kolwynties, boeretroos en meer wag op basaargangers.

’n Plaasontbyt sal te koop wees. Dié ontbyt het oor die jare so gewild geraak, dat daar vanjaar vir 600 besoekers reggemaak word.

Laatkommers kan aan roosterkoek en sosaties, jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys smul.

Alles, van vleis, gebak tot groente en vrugte sal te koop wees. Pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, kaas asook ingelegde groente, vrugte en konfyt gaan opgeraap word.

Speletjies is vir die jongklomp gereël.

Die basaar, die idee Gertjie Rautenbach en wyle Eppie Ferreira, word op 5 Oktober vanaf 08:00 by die Endulini-pakhuis in Patensie gehou. Die terrein is onderdak en rolstoel-vriendelik.

Toegang is gratis en daar is veilige parkering.

Vir inligting, skakel Danie Malan by 072 262 9822, of ds. Barry Lordan by 082 376 6054.

Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, liplekker tuisgemaakte kolwynties, boeretroos en meer wag op basaargangers.

’n Plaasontbyt sal te koop wees. Dié ontbyt het oor die jare so gewild geraak, dat daar vanjaar vir 600 ontbytgangers reggemaak word.

Laatkommers kan aan roosterkoek en sosaties, jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys smul.

Alles, van vleis, gebak tot en groente en vrugte sal te koop wees. Pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, kaas asook ingelegde groente, vrugte en konfyte gaan opgeraap word.

Speletjies is vir die jongklomp gereël.

Die basaar, die idee Gertjie Rautenbach en wyle Eppie Ferreira, word op 5 Oktober vanaf 08:00 by die Endulini-pakhuis in Patensie gehou. Die terrein is onderdak en rolstoel-vriendelik.

Toegang is gratis en daar is veilige parkering.

Vir inligting, skakel Danie Malan by 072 262 9822, of ds. Barry Lordan by 082 376 6054.

You need to be Logged In to leave a comment.