PATENSIE skud sy vere reg vir ’n bielie van ’n fees in Oktober.
Kouga-inwoners en besoekers kan egte boeregasvryheid by die jaarlikse NG Kerk Gamtoosvallei-Oos Plaasbasaar verwag.
Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, liplekker tuisgemaakte kolwynties, boeretroos en meer wag op basaargangers.
’n Plaasontbyt sal te koop wees. Laatkommers kan aan roosterkoek en sosaties, jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys smul.
Alles, van vleis, gebak tot en groente en vrugte sal te koop wees. Pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, kaas asook ingelegde groente, vrugte en konfyte gaan opgeraap word.
Speletjies is vir die jongklomp gereël.
Die basaar word op 5 Oktober vanaf 08:00 by die Endulini-pakhuis in Patensie gehou.
Toegang is gratis en daar is veilige parke-ring.
Vir inligting, skakel Danie Malan by 072 262 9822, of ds. Barry Lordan by 082 376 6054.