BEREI jou voor vir ’n regte boerebasaar met ’n yslike verskeidenheid vir elkeen.
Poedings met malvalekkers word voorafgegaan deur hamburgers met heerlike sous, gemmerbier vir elke ouderdomsgier, pannekoek met kaneel en topgehalte vleis.
By die NG Kerk Gamtoosvallei naby Patensie gons dit behoorlik soos almal woeker om vleis te verwerk, en heerlikste koeke, terte en kleinkoekies betyds klaar te maak vir hul jaarlikse boerebasaar.
Basaargangers kan die dag vanaf 08:30 met ’n heerlike boere-ontbyt af-skop.
Biltong, verwerkte lammers, boerewors, tjops, salami en puik biefstuk sal te koop wees.
Besoekers kan hul mandjies vul met vars groente en vrugte teen winskopiepryse.
Moenie vergeet van die vingerlek-lekker pannekoek, braaivleis, jaffels en poeding nie.
Die kinders kan heerlik op die springkasteel baljaar. Verdere vermaak sluit die speelgoedtafel in.
Die boerebasaar vind plaas op Saterdag, 27 April vanaf 08:30 tot 12:00 by Kwagga (7km vanaf Patensie) op die perseel van die NG Kerk Gamtoosvallei.
Vir meer inligting, skakel ds. Jos van der Merwe by 082 923 3167.