’n Fietsryer is Vrydagoggend naby St. Francisbaai in die Oos-Kaap dood nadat ’n vragmotor hom omgery het.
Die voorval was omstreeks 06:30 op die R330 tussen dié vakansie-kusdorp en Humansdorp. Die fietsryer, wat vermoedelik in sy 60’s is, is op die toneel dood. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Volgens die polisie se inligting was die vragmotor in die rigting van St. Francisbaai op pad toe die fietsryer, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, voor die vragmotor beland het.
Dit blyk dat die fietsryer glo skielik voor die aankomende verkeer ingeswenk het toe die vragmotor hom getref het.
Volgens sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, het die vragmotorbestuurder stilgehou en die polisie ontbied.