Plaaslike pianis se liedjie ‘kry vlerke’

TOE Karien du Plessis twintig jaar gelede haar eerste liedjie oor haar ge-liefde Humansdorp en sy mooi natuur geskryf het, het sy min geweet dat die einste poging ’n knap plaaslike laerskoolkoor tot bo in ’n gewilde, nasio-nale kompetisie sal neem.


TOE Karien du Plessis twintig jaar gelede haar eerste liedjie oor haar ge-liefde Humansdorp en sy mooi natuur geskryf het, het sy min geweet dat die einste poging ’n knap plaaslike laerskoolkoor tot bo in ’n gewilde, nasio-nale kompetisie sal neem.

Die liedjie “Humansdorp”, is vroeer vanjaar aangewys as die beste Afrikaanse liedjie op kykNET se Sing in Harmonie provinsiale eindronde. Dit is uitgevoer deur die Laerskool Stulting se koor.

Karien, is naas pianiswees, ook die skoolhoof van die Kleinplaas Primêre Skool.

Sy was altyd passievol oor musiek en het as vierjarige begin sing. Mu- sieklesse het gevolg toe sy 11 word. Karien het musiek aan universiteit bestudeer.

As NG Kerk-lid van die Moedergemeente op Humansdorp het Karien vir Stulting se koordirekteur, Riëtte du Toit, versoek om haar liedjie “Humansdorp” by die kerk se Plaasfees vroeër vanjaar te sing.

Riëtte was só beïndruk met die lied dat sy dit gekies het vir die koor se opvoering vir kykNET Sing in Harmonie.

“Ek is dankbaar dat Laerskool Stulting my lied vlerke gegee het,” glimlag Karien.

“Ek word geïnspireer deur die invloed wat musiek op mense se emosies het.”

Die lied is geskryf om die skoonheid te beklemtoon in ’n gemeenskap waar mense nóú aan mekaar verbind is.” So gesels Karien.

Deur lief en leed bou ons ’n vriendskapsband. Hier reik ons mekaar nog die hand.”

“Dít is woorde uit die lied wat die kernboodskap oordra dat die Humansdorp-gemeenskap gedrewe is en dat mense omgee vir mekaar,” vertel sy.

“Al was dit my eerste lied, het dit net vyf ure geneem om die woorde te voltooi,” sê sy trots. Die volgende dag het sy dit getoonset en op die klavier uitgevoer.

Randall Wicomb se liedjie, “Graaff-Reinet”, was haar inspirasie hiervoor. Sy hoop haar lied sal mense vir baie jare steeds raak.

Die gunstige reaksie wat sy ontvang het ná Stulting te opvoering van “Humansdorp” het Karien aangepor om nóg te skryf.

Karien geniet dit om na ’n verskeidenheid van musiek te luister wat wissel van klassieke en koormusiek tot Afrikaanse liedjies, Jazz en Blues.

“Musiek is ’n wapen teen al die slegte dinge in die wêreld,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.