ALHOEWEL daar dikwels nega-tiewe kommentaar rondom die rampbestuurwette gelewer word, het die rampbestuurwetgewing positiewe gevolge vir Kouga se misdaadsyfers gehad.
Volgens SAPS woordvoerder, Sers. Majola Nkohli, het die vlak 3 regulasies ’n merkbare afname in misdaad in die Kouga omgewing gehad.
“Daar was ’n drastiese afname in sogenaamde kontakmisdade waargeneem, wat aanranding, roof, seksuele misdrywe en moord kan insluit. Daar is byna geen sake van aanranding aanhangig gemaak sedert die president die nuwe, strenger maat-reëls aangekondig het (op 28 Desember 2020) nie,” het Nkohli gesê.
“Die aandklokreël stel die polisie in staat om enige verdagte persone wat buite die aanklokreël rondloop of ry, onmiddellik voor te keer en te ondervra. Dit speel ’n groot rol in misdaadvoorkoming.” Sersant Nkholi vertel dat ’n verdagte motor gedurende die feesseisoen voorgekeer is en daar is gevolglik op gesteelde goedere beslag gelê voor die persone daarmee vort is.