AS jy nog altyd wonder wat laat mense rolbal speel, is dit nou jou kans om uit te vind.

Maar wees gewaarsku, dis verslawend.

Op Saterdagoggend, 27 Oktober, bied Jeffreysbaai Rolbalklub geleentheid vir enigiemand wat nie aan ‘n rolbalklub behoort nie, om saam met die lede te speel.

Almal sal saam met ervare spelers in spanne ingedeel en touwys gemaak word.

Daar sal trekkings wees, en na die spel kan almal ’n boereworsrol geniet.

Almal meld om 08:30 by die rolbalklub aan, sodat die spel om 9:00 kan begin. Belangstellendes moet skoene met gladde sole en sonder ’n hak aantrek of andersins kaalvoet speel.

Daar is geen koste aan verbonde nie.

Skakel Petro Toerien by 082 824 1098 voor Woensdag, 24 Oktober, sodat reëlings getref kan word vir die beskikbaarheid van balle.

You need to be Logged In to leave a comment.