TWAALF o.11-rugbyspanne en agt o.12-netbalspanne van skole in die Oos- en Wes-Kaap, asook die Vrystaat, meet vanaf 21 tot 32 kragte tydens die jaarlikse KFC Aloe Cup – die grootste geleentheid op die Laerskool Jeffreysbaai se sportkalender.

Die kampioene en naaswenners, Grey College van Bloemfontein, is vanjaar terug om vir die tweede keer hul titel te verdedig, terwyl die naaswenners, Laerskool Gene Louw van Durvanville, vasbeslote is om met die trofee weg te stap.

Die twee spanne kan sterk wedywering van die Paarls Boy Primary (Klein Boishaai) verwag.

Nog gunstelinge sluit in die laerskole Jeffreysbaai (Jeffreysbaai), Durbanville (Durbanville), Handhaaf (Uitenhage), Volkskool (Graaff-Reinett), en Knysna (Knysna).

Laerskole Beaumont (Kaapstad), Outeniqua (George), Sunridge (Port Elizabeth), Stulting (Humansdorp) en Graslaagte (Humansdorp) neem ook op die dag deel.

Vanjaar word daar op 21 Junie vir die eerste keer vir ’n 0.12-netbal Aloe Cup gespeel. Die laerskole wat meeding is Jeffreysbaai (Jeffreysbaai), Graslaagte (Humansdorp), Handhaaf (Uitenhage), Knysna (Knysna), George-Suid (George), Paul Sauer (Kareedouw), Plettenbergbaai (Plettenbergbaai) en Stulting (Humansdorp).

Bobaas-skeidsregters sal elke wedstryd met die fluitjie beheer.

Die finale wedstryd vind om 11:45 op 23 Junie plaas, terwyl die prysuitdeling om 12:30 gehou sal word.

You need to be Logged In to leave a comment.