Ruim harte red dierehelpers

TOE ’n booswig die afgelope naweek die pakkamer van die DBV Assisi in Humansdorp oopgebreek het, het ’n noodkreet uitgegaan om die skade te herstel – en is blitsig deur weldoeners beantwoord.


TOE ’n booswig die afgelope naweek die pakkamer van die DBV Assisi in Humansdorp oopgebreek het, het ’n noodkreet uitgegaan om die skade te herstel – en is blitsig deur weldoeners beantwoord.

Suzanne Kruger, beyweraar vir diere-regte, het Saterdag ’n foto van die erg gebuigde motorhuisdeur op sosiale media gepos, en haar beroep op Kouga-inwoners om te help, die deur te herstel of vervang en ’n sekuriteitskamera en/of straal aan te bring.

’n Grassnyer, randsnyer, draad om hondehokke te herstel en toerusting is ge-steel.

Met die DBV-winkel wat tydens die inperking toe is, is daar nie inkomste daaruit nie, maar talle skenkers het groothartig en ruim bygedra om ’n reuse verskil te maak.

Die deur is herstel, en ’n sekuriteitstraal kon aangebring word vanweë ’n yslike skenking van R7 500 deur Greta Croll.

Kruger sê: “Ek is sprakeloos. ’n Vrou wat ek nie eens ken nie, het die bedrag inbetaal. Dankie dat jy my hart gehoor het toe ek so by die rand van opgee was.”

Gravity Accounting Solutions het hul kant met R1 000 gebring en Mart Nieu-woudt en Amelia Coetzee het gevolg. Yolandi Duffield van Gravity het vir Suzanne bedank vir alles wat hulle vir die kosbare diere doen.

Soveel het hul harte oopgemaak, hul menings gelig en die ruimhartigheid bedank.

Nogtans vra die diereliefhebbers dat mense ’n sakkie dierekos sal aflaai, aan-gesien eienaars weens die inperking sukkel om hul verpligtinge na te kom. “Ons help die mense wat tekorte het, maar laat die diere na”, sê een. “Help asseblief!”

Skakel Rickie Vorster by 073 607 6819 of Kruger by 079 594 8686.

You need to be Logged In to leave a comment.