Leerders het R3 200 vir ’n graad 10-skolier ingesamel na haar familiehuis in Ocean View, Jeffreysbaai in Desember 2018 afgebrand het. Yonela Mdaniswana (vierde van links) van die JBay Comprehensive High School het haar ma en al haar besittings in die brand verloor, en bly tans by familie. Die fondsinsamelingsprojek is deur Siyamdumisa Dlepu van die JBay Comprehensive High School (derde van links) en Masikhathalelaneni-voorsitter Freddie van Rooyen (vyfde van links) van stapel gestuur. Die geld word gebruik om ’n nuwe huis te bou. Van Rooyen ontvang die geld van David Fugard (graad 5: JBay Academy Primary School), Sean du Toit (graad 12: JBay Academy High School) en Levi Nemalegeni (graad 4: Laerskool Jeffreysbaai). Foto:MONIQUE BASSON