Skool spreek tienerkwesies aan

DIE Hoërskool Nico Malan bring op 23 Julie hul produksie – Kind, Vinniger – by die Operahuis in Port Elizabeth op die planke.


DIE Hoërskool Nico Malan bring op 23 Julie hul produksie – Kind, Vinniger – by die Operahuis in Port Elizabeth op die planke.

Dié produksie vorm deel van die ATKV-tienertoneel waar ’n totaal van 225 produksies tydens 12 streeksfeeste landswyd plaasvind.

Kind, Vinniger is ’n produksie waar tieners self tienerkwessies aanspreek en lig werp op hoe baie die jeug onder ouerdruk gebuk gaan.

Die 19 leerders behartig self die produksie: klank, beligting en verhoogbestuur.

Met Marcel Spaumer as skrywer en Stephanie Nel as regisseur, beloof hierdie produksie om ’n ongelooflik geleentheid te wees wat ’n blik op die werklike lewe van tieners gee.

Ruan Smit en Timany Mostert speel die hoofkarakters.

You need to be Logged In to leave a comment.