Die Melktert Kommissie – Lucinda Neethling (hoofsanger en akoestiese kitaar), Jean-Marie Korff (elektriese kitaar en agtergrondsang), Tim van der Westhuizen (baskitaar) en Jan-Adriaan Korff (tromme en agtergrondsang) – tree op Desember 20 by JBay Bru Co op. Foto:VERSKAF


“VOLROOM-rock” is hoe hulle hul musiek beskryf, en na ’n stilte van 10 jaar is hulle terug met ’n nuwe liedjie getiteld “Weier” in egte Melktert-styl.

Dis die Melktert Kommissie! En steeds brand hulle liefde vir musiek nog net so vurig soos 17 jaar gelede toe hulle die eerste Rockspaaider-“bands”-kompetisie gewen het.

Volroom, hul debuutalbum, is in Junie 2003 uitge-reik. ‘n Tweede album, Wonderwoorde, is in 2006 uitgereik. Hul derde ateljee-album, Vergewe en vergeet, is in Augustus 2007 uitgereik.

Die groep het in 2009 ‘n Engelse enkelsnit, “Karma”, uitgereik. Na ‘n lang onderbreking het die groep weer in 2017 begin optree . In 2019 het die groep op sosiale media aangedui dat hulle terug is in die ateljee om nuwe musiek op te neem.

Dié 4-stuk Afrikaanse groep, oorspronklik van Jeffreysbaai – tree op Vrydag, 20 Desember om 20:00 by JBay Bru Co in Jeffreysbaai op.

Kaartjies kos R120 per persoon en is beskikbaar by 042 940 00165.l

Die gewilde Bottomless Coffee Band maak op Donderdag, 19 Desember om 20:00 ’n musiekdraai by JBay Bru Co.

Kaartjies kos R150 per persoon en is beskikbaar by 079 582 1914.

You need to be Logged In to leave a comment.