Hierdie groepie stappers het die Noorsekloof Natuurreservaat se staproete opgeknap.

Foto: Verskaf

’n Groep vriende wat gereeld saam stap met ’n liefde vir die natuur, het hand uit die mou gesteek en die Noorsekloof Natuurreservaat se staproete opgeknap.

Hulle het die oorgroeitakke teruggesnoei, vullis by die ingang verwyder en die piekniekplek skoongemaak. Die natuurreservaat in Dogwoodstraat het ’n besondere bekoring en herinner aan die Knysna woud.

Die stroompie, verskeidenheid voëls en bokkies, en piekniekplek maak dit ’n ideale uitstappie. Die roete strek oor sowat 2km in, en is nie moeilik nie, hoewel stappers hier en daar oor bruggies en deur die riviertjie moet loop. Stappers kan sommer verder die vars seelug geniet en deur die labirint stap wat by die park in Noorsekloofweg geleë is.

You need to be Logged In to leave a comment.