VERVOLG VAN BLADSY 1

MENINGS het gevlieg op sosiale media platforms waar inwoners hul sterk misnoë bekend gemaak het – van die verwagte “ons het gewag hiervoor” en “daar is herhaaldelik gewaarsku dat soiets gaan gebeur” tot diégene wat die winkelsentrum wil boikot en ander wat op daadwerklike stappe aandring.

Inwoners is dit hoofsaaklik eens dat algehele wanorde heers waar die taxi’s in die dorp en, spesifiek, by die betrokke winkelsentrum beweeg.

Stopstrate word summier geïg-noreer, toeters roep potensiële klante deurdringend, die bestuurders stop met hul bonkige voertuie waar ookal hulle dit goedvind en hulle is “roekeloos” en “astrant”. So praat padgebruikers van die gewraakte padmisbruikers.

Slegs enkeles verwys na die verbruikers en werkers wat noodge-dwonge (as enigste opsie) van die soort openbare vervoerdienste moet gebruikmaak.

Maar die meerderheid is erg ontstig oor die voorval en herhaaldelike onderonsies wat nie aangemeld word nie.

“Ene het my agtervolg en naby die mall-sirkel om ’n draai van die pad af probeer ry, nadat hy op ’n dubbellyn teen die komende verkeer my wou verbysteek”, praat Nellie Guttromson op sosiale media.

Valerie Brown vertel dat ’n taxi hulle vanaf Pick n Pay agtervolg het, en die bestuurder gedreig het om haar man met n mes te steek nadat dié gevra het dat die taximan sy voertuig skuif sodat hy sy (blokkeerde) motor by ’n parkering kan uittrek.


A
fvaardiging

Gister laatmiddag is ’n afvaardiging van die gemeenskap na die sentrumbestuur om die saak aan te spreek. Garhard Fouché (Wyk 11-besigheids-portefeulje), Brian Minnaar en Bianca Burger was deel van die groep wat wil aandring dat die sentrum dadelik optree.

Fouché meen dit is regdenkende inwoners se verantwoordelikheid om omsigtig met sensitiewe situasies om te gaan, en nie onnodig onrus veroorsaak nie.

“Belanghebbendes van die taxi-assosiasies moet betrek word, maar ons weier om bes te gee. Dit is tyd dat die sentrum optree,” sê hy.

Burgemeester Horatio Hendriks moes aandui dat sy hande effektief afgekap is, omdat die sentrum se parkeergebied private eiendom is, en hy en die verkeersde-partement geen jurisdiksie daar het nie.

Sonja Allsop, Fountains Mall algemene bestuurder, sê die sentrum het die nodige maatreëls ge-tref om die veiligheid van besoe-kers te verseker. “In ’n konstante vernaderde omgewing waar verskeie faktorie dié veiligheidmaat-reël kan oortree, pas ons diensooreenkomstig aan en verbeter daarvolgens.

“Veiligheidswagte, motorwagte en kameras maak deel uit van die sekuriteit- en veiligheidstelsel om die veiligheid van besoekers te verseker.”

“Ons het verder ’n beroep op die Kouga-munisipaliteit en Jeffreysbaai-polisiekantoor gedoen om ons met wetstoepassing te help.”

You need to be Logged In to leave a comment.