INWONERS het nou die geleentheid om hul stem te laat hoor oor die voorgestelde straatname vir die nuut-ontwikkelde Pellsrus 220 RDP-behuisingsontwikkeling in Jeffreysbaai.
Wyk 2-komiteelede het onlangs verskeie straatname vir dié gebied voorgestel. Die voor-gestelde name is Timothy Meleni, Phambili Stokwe-, Mthobeli Mathyumza-, Earl Hill-, Elsie Williams-, Sabina Tarentaal- en Hilda Pienaarstraat.
“Behoorlike straatname en aanwysings dra by tot die veiligheid en welstand van gemeenskappe,” het Kouga-spreker, Hattingh Bornman, gesê.
“Die straatname sal dit ook vir motoriste makliker maak om hul weg te vind.
“Duidelike aanwysings voorkom verder onnodige onderbrekings wanneer nooddienste soos die polisie, brandweer of ambulanse ontbied word.” Daar word verder voorgestel dat die nuwe ont-wikkeling Sophie de Bruyn Informele Nedersetting heet.
Kommentaar en besware kan gestuur word aan die munisipale bestuurder van Kouga-munisipaliteit, Charl du Plessis, by cduplessis@kouga.gov.za. Die sluitingsdatum is op Donderdag, 6 Mei om 13:00. – Uitgereik deur Kouga Munisipaliteit