Die Tsitsikamma het die beste seekosvriendelike restaurant in die Tuinroete-gebied.Die Table-restaurant naby Bloukrans is onlangs as die wenner aangewys in ’n seekosvriendelike kompetisie om Wêrelddag vir Biodiversiteit op 22 Mei te vier. Die kompetisie vir volhoubare seekos, wat deur Robberg Fine Foods geborg is, is in die Stormsrivier-ruskamp in die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park gehou. As deel van die kompetisie is onder meer gevra of seekosverbruikers dink aan seekosvriendelike opsies voordat hulle seekos in ’n restaurant bestel en of restaurante van seekosvriendelike kos weet. Nandi Mgwadlamba, ’n woordvoerder van Sanparke, sê by navraag ses restaurante is genooi om aan die kompetisie deel te neem, maar vier het kop uitgetrek. Twee, die Table-re­staurant en die Cattle Baron-re­staurant (in die Stormsrivier-ruskamp), het toe sake uitgespook. Foto:VERSKAF


Table wen seekos-vriendelike kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Kouga Express – Holiday Guide – 11 December 2025
    Kouga Holiday Guide for December 2025

Gift this article