Tailyn (8) is skaak-foendie

SY lyk dalk so mak soos ’n lammetjie, maar hierdie meisie se brein is vlymskerp.


SY lyk dalk so mak soos ’n lammetjie, maar hierdie meisie se brein is vlymskerp.

Tailyn Le Grange, leerder van die Laerskool Jeffreysbaai, het in 2020 vir die eerste keer geleer skaak speel en op 28 Februarie 2020 in haar eerste toernooi gespeel in Gqeberha.

Tailyn het daarna toernooie onder die Nelson Mandelabaai-streek gespeel met die hulp van haar afrigter, Beryl Christodoulou.

Sy het ook aangesluit by die Jeffreysbaai-skaakklub wat in Pells-rus geleë is.

Tailyn het daagliks ná skool by tannie Beryl geoefen en Donderdae by die skaakklub. Sy ontvang ook privaatlesse by Petrus Stuurman.

Tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe het sy sewende plek in haar ouderdomsgroep behaal. Sy is dus onder die top tien o.8-skaakspelers in die land.

Die top-10 spelers is uitgenooi om Suid-Afrika in Ghana te gaan verteenwoordig by die National Youth Chess Championships, wat vanaf 17 tot 26 September plaasvind.

Haar pa, Sersant Patrick le Grange van die SAPD honde-eenheid in Humansdorp sê hulle is ongelooflik trots op haar en kan nie wag om te sien wat die toekoms vir haar inhou nie.

You need to be Logged In to leave a comment.