Trokdrywer vrygespreek na vroue se dood

“DAAR is meer vrae as antwoorde,” het Shaun Stuurman die man van Mieta Stuurman, buite die hof gesê nadat Landdros Una Rhodes haar uitspraak gelewer het in die Landdroshof op Humansdorp Maandag, 15 Maart.


“DAAR is meer vrae as antwoorde,” het Shaun Stuurman die man van Mieta Stuurman, buite die hof gesê nadat Landdros Una Rhodes haar uitspraak gelewer het in die Landdroshof op Humansdorp Maandag, 15 Maart.

Diè hofsitting het gevolg nadat drie vroue, naamlik Mieta Stuurman (49), Leana Bosman (53) en haar dogter Laurenay Bosman (26) hul lewens verloor het nadat hulle deur ’n Ford Ranger bakkie omgery is op die R102 pad naby Kabeljous aan die buitewyke van Jeffreysbaai op 13 Maart verlede jaar.

Volgens Shaun was sy vrou op daardie dag op pad na Gqeberha (Port Elizabeth) nadat sy eers by haar ma in Arcadia ’n draai gemaak het.

Onderweg na Gqeberha het haar motor onklaar geraak.

Shaun het vertel dat sy vrou toe eers haar swaer, Wayne Bosman, wat op Humansdorp bly, gebel het, asook haar neef wat in Jeffreysbaai woon.

Wayne het toe met sy vrou Leana asook hul dogter Laurenay, gegaan na waar Mieta gestrand was.

“Sy het my ook gebel omdat daar besluit was dat haar kar na Jeffreysbaai gesleep moet word en dat ek en sy dan sou huiswaarts keer,” vertel Shaun.

“Toe ek daar opgedaag het was die motors reeds in die rigting van Jeffreysbaai agtermekaar geparkeer. Ek het my kar toe voor geparkeer.

“My vrou se kar kon nie op sy eie draai nie daarom het hulle die kar van my vrou gestoot na die teenoorgestelde rigting terwyl Wayne-hulle met die enjin doenig was,” aldus Shaun.

Terwyl hul besig was om aan die kar te werk was die drie vroue aan die oorkant van die pad op die sypad.

In haar uitspraak Maandag het landdros Una Rhodes die getuienis wat in die saak gelewer is opgesom.

Die staat het die bestuurder van die Ford Ranger bakkie, Christopher Johannes van Rensburg, ge-roep om te getuig. Hy het erken het dat hy teen “iets” gestamp het, maar was eers op die toneel ingelig dat hy mense omgery het.

Volgens hom, het hy teen 100km/h gery en hy het erken dat hy nie spoed verminder het nadat hy kon sien dat daar voertuie in die teenoorgestelde rigting gestaan het met noodligte aan sowat 30 of 40 meter voor hom en dat ’n vragmotor besig was om die stilstaande voertuie verby te steek nie.

Die Landdros het bevind dat as hy spoed verminder het met die nodige kundigheid, die vroue nog sou ge-leef het.

Die Landdros het sy weergawe verwerp.

Marlon Edward, wat die bestuurder was van die motor wat agter die vragmotor gery het, onderweg na Jeffreysbaai, het ook getuig.

Hy het getuig dat die trok spoed verminder het toe dit die stilstaande voertuie verbygesteek het en na die oorkantste baan beweeg het.

Die staat het toe die beskuldigde, die vragmotorbestuurder, Emmanuel Mokhethea (47) geroep om te getuig oor sy weergawe.

Hy het getuig dat hy die stilstaande voertuie teen 40km/h verbyge-steek nadat hy die nodige observasie gedoen het.

Hy was reeds in sy baan nadat hy die voertuie verbygesteek het toe die Ford Ranger teen sy sleepwa gebots het waarna hy etlike meter verder gestop het om die skade te bepaal.

“Na deeglike oorweging het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die klagtes van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur teenoor die trokbestuurder laat vaar moet word,” het Rhodes haar uitspraak afgesluit.

Na die hofsitting het die familie van die drie vroue die trokbestuurder buite die hofgebou omhels terwyl die trane oor sy wange geloop het.

You need to be Logged In to leave a comment.